DONASIES EN SKENKINGS: KERSETE, 26 DESEMBER, VIR BEHOEFTIGE KINDERS
Die Caledon Community Youth and Disability Forum wil graag op 26 Desember 2019 ‘n Kersete reël vir die behoeftige kinders van die Caledon omgewing. Ons het besef dat daar ‘n groot nood op hierdie vakansiedag is. Daar sal 300-400 kinders by die ete wees. Ons wil die kinders die hele dag besig hou met speletjies en vermaak, maaltye deur die dag aan hulle voorsien, en aan elkeen klere donasies uitdeel.
Die dag se beplanning en spyskaart sal as volg beloop:
· 09h30 – die ontvangs van die kinders
· 10h00 – “curry buns” en sap word aan die kinders voorsien
· 13h00 – middagete van gebraaide hoender, gebraaide wors, braaibroodjies, aartappelslaai en noedelslaai
· 16h00 – muffins, doughnuts, plaatstukke en sap
· 18h00 – ‘n lekkergoed pakkie met vrugte en kleredonasies word uitgedeel
Vir hierdie projek om ‘n sukses te wees, vra ons vir enige donasie of skenking waarmee u ons kan help. Die donasie kan in die vorm van bestandele, klaarmaaltye, klere, speelgoed, geld of selfs u tyd op die dag wees.
Help saam om ‘n verskil te maak in die lewens van minder bevoorregte kinders. Ons wil so graag ‘n verskil maak, maar benodig hulp.
Die Here seën
Dank by voorbaat
Christopher Benjamin
Caledon Community Youth and Disability Forum
Powered by iCagenda