Kom kuier Lekker Saam
BEKEKENDE Op Die Stoep staaltjie en storie vertellers GERTJIE (BLITS)
JOHAN NEL
CM AUGUSTYN
Plek: BELOFTE BOS
Datum: 11 Oktober 2018
Tyd: 18:30 vir 19:00
RSVP: Voor 8 Okt ASB
Kontant kroeg beskikbaar!
R160 Dubbel
R100 Enkel
Stanford Landbouvereniging
Powered by iCagenda
RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.
Vandag se resep is uit die publikasie “50 Boerekosgeregte” is verskaf
Met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers
Ghoelasjsop
6-8 porsies
1 kg dikrib
45 ml (3E) kanola-olie
2 uie, fyngekap
2 Knoffelhuisies, fyngekap
20 ml (4T) gerookte paprika
15 ml (1t) suiker
30 ml (2e) tamatiepasta
250 ml (1k) rooiwyn
2.25 L beesvleisaftreksel
4 wortels, geskil en in skyfies gesny
4 ryp tamaties, skil en gekap
1 bouquet garni
5 ml (1t) sout
5 ml (1t) varsgemaalde swartpeper
1 rooi soetrissie, ontpit en repies gesny
125 ml (1/2 k) room
Metode:
1. Sny enige sigbare vet van die vleis af en sny die vleis dan in blokkies van 2.5 cm.
2. Verhit die olie in n swaarboomkastrol en soteer die uie en knoffel vir ongeveer 5 minute tot sag en deurskynend is.
3. Voeg die blokkies vleis by die uie en braai dit effens.
4. Roer die paprika deur die vleis en maak seker dat uie en vleis goed daarmee bedek is.
5. Roer meel, suiker, tamatiepasta, rooiwyn en aftreksel deur die vleismengsel.
6. Voeg die wortels, tamaties, bouquet garni, sout en swartpeper by. Verhit die sop tot kookpunt, plaas die deksel op en laat dit vir ongeveer 2uur liggies prut tot die vleis sag is.
7. Blansjeer die soetrissierepies en voeg twee-derdes van die repies by die sop. Laat die sop vir nog 15 minute prut.
8. Verwyder die bouquet garni uit die sop en roer die room deur. Garneer met die oorblywende soetrissierepies en bedien dadelik.