TEL: 021 200 2637

 info@caledonfm.co.za

Maandag, 24 September 2018

Nou op die Lug

Radio
Program:Musiek
Broadcaster:Radio
20:10 - 20:30

LENTEMARK SWELLENDAM

Category
GEMEENSKAP
Date
2018-09-01 09:00 - 14:00
Venue
Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika - Swellendam

Lekker Lente!!!! Kom koop en wees vrolik - en onthou die tema: 60's!


Hallo Dolly stal uit, en ons sien uit daarna om jou te verwelkom en al ons nuutste produkte aan jou bekend te stel. Ons kry op n gereelde basis nuwe produkte, en ons sien net so baie uit om te weet wat bring ons markie toe...
n Verskeidenheid sakke, klein en groot, handgemaakte juwele, sowel as 'free size' klere - so net na die winter ;) ... en die mooiste Sticky Fudge kiddies klere. Maar weereens, dalk verras ons almal en bring iets heeltemal anders... Hou maar dop!
Die tee-tuin was laasjaar n groot 'treat' en ons sien uit vir koek en tee die jaar! Kannie wag nie!

Kom asb en geniet die dag saam met ons!

 
 

All Dates

  • 2018-09-01 09:00 - 14:00

Powered by iCagenda

Wat gebeur waar

Ma Di Wo Do Vr Sa So
1
Datum : 2018-09-01
29
Datum : 2018-09-29

CFM FACEBOOK

Nuutste Resepte

Ghoelasjsop

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Boerekosgeregte” is verskaf

Met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers

 

 

 

Ghoelasjsop

6-8 porsies

 

1 kg dikrib

45 ml (3E) kanola-olie

2 uie, fyngekap

2 Knoffelhuisies, fyngekap

20 ml (4T) gerookte paprika

15 ml (1t) suiker

30 ml (2e) tamatiepasta

250 ml (1k) rooiwyn

2.25 L beesvleisaftreksel

4 wortels, geskil en in skyfies gesny

4 ryp tamaties, skil en gekap

1 bouquet garni

5 ml (1t) sout

5 ml (1t) varsgemaalde swartpeper

1 rooi soetrissie, ontpit en repies gesny

125 ml (1/2 k) room

 

Metode:

1. Sny enige sigbare vet van die vleis af en sny die vleis dan in blokkies van 2.5 cm.

2. Verhit die olie in n swaarboomkastrol en soteer die uie en knoffel vir ongeveer 5 minute tot sag en deurskynend is.

3. Voeg die blokkies vleis by die uie en braai dit effens.

4. Roer die paprika deur die vleis en maak seker dat uie en vleis goed daarmee bedek is.

5. Roer meel, suiker, tamatiepasta, rooiwyn en aftreksel deur die vleismengsel.

6. Voeg die wortels, tamaties, bouquet garni, sout en swartpeper by. Verhit die sop tot kookpunt, plaas die deksel op en laat dit vir ongeveer 2uur liggies prut tot die vleis sag is.

7. Blansjeer die soetrissierepies en voeg twee-derdes van die repies by die sop. Laat die sop vir nog 15 minute prut.

8. Verwyder die bouquet garni uit die sop en roer die room deur. Garneer met die oorblywende soetrissierepies en bedien dadelik.