TEL: 021 200 2637

 info@caledonfm.co.za

Dinsdag, 13 November 2018

Nou op die Lug

Radio
Program:Musiek
Broadcaster:Radio
20:30 - 22:00

BALEIA WINES & OLIVE OIL BERGFIETSUITDAGING & TRAIL RUN

Category
SPORT
Date
2018-09-08 08:00
Venue
Baleia Wines & Olive Oil
Telephone
082 337 6286
Email
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Baleia Wines & Olive Oil, geleë langs die N2 naby Riversdal, bied Saterdag, 8 September hul derde jaarlikse bergfietsuitdaging tesame met hul tweede trail run aan.

           

Baleia Wines is bekend vir hul top wyne asook ekstra suiwer olyfolie, afkomstig vanaf wingerd en olyfboorde op hul plaas, Dassieklip by Vermaaklikheid, suid van Riversdal.

 

Eienaars, Jan-Hendrik en Lindi Joubert, beide kranige driekamp atlete wat pas die Durban 70.3 halfysterman kompetisie voltooi het, tesame met hul span sal op die dag die gaste onthaal.

 

Bergfietsuitdaging

Daar is twee afstande om van te kies; 20km (R100 inskrywingsfooi) en 63km (R200 inskrywingsfooi) wat beide om 08:00 wegspring

 

Terrein;

Die bergfietsroetes bestaan uit vloeiende grondpad, enkel- en tweespoorpaaie deur die groen koringvelde en geel canolavelde van die Riversdale-distrik. Die tydsberekening is perfek vir bergfietsryers om deel te neem aan hierdie geleentheid voor die komende Karoo to Coast.

 

Die 20km roete sal meestal bestaan uit enkel- en tweespoorspoorpaaie met 'n klim van byna 320m en slegs een waterpunt.

 

Die 63km roete sal bestaan uit 80% vloeiende grondpaaie en 20% jeep- en enkelpaaie met 'n totale klim van meer as 800 meter. Daar sal 4 waterpunte (10km, 30km, 45km en 58km) op hierdie roete wees.

 

Trail Run

Die trail run is oor twee afstande; 6.5km (R60 inskrywingsfooi) en 16.5km (R100 inskrywingsfooi) wat beide om 08:00 wegspring.

 

Terrein;

Deelnemers kan uitsien na grondpaaie, jeep- en enkelpaaie en klein heuwels. Dale, klowe en 'n stukkie woud is ook op die roete ingewerk. Daar sal 2 waterpunte op die 16 km-roete wees, hoewel deelnemers aangemoedig word om ook hul eie voorrade saam te neem.

 
 

All Dates

  • 2018-09-08 08:00

Powered by iCagenda

Wat gebeur waar

Ma Di Wo Do Vr Sa So
10
Datum : 2018-11-10

CFM FACEBOOK

Nuutste Resepte

Ghoelasjsop

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Boerekosgeregte” is verskaf

Met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers

 

 

 

Ghoelasjsop

6-8 porsies

 

1 kg dikrib

45 ml (3E) kanola-olie

2 uie, fyngekap

2 Knoffelhuisies, fyngekap

20 ml (4T) gerookte paprika

15 ml (1t) suiker

30 ml (2e) tamatiepasta

250 ml (1k) rooiwyn

2.25 L beesvleisaftreksel

4 wortels, geskil en in skyfies gesny

4 ryp tamaties, skil en gekap

1 bouquet garni

5 ml (1t) sout

5 ml (1t) varsgemaalde swartpeper

1 rooi soetrissie, ontpit en repies gesny

125 ml (1/2 k) room

 

Metode:

1. Sny enige sigbare vet van die vleis af en sny die vleis dan in blokkies van 2.5 cm.

2. Verhit die olie in n swaarboomkastrol en soteer die uie en knoffel vir ongeveer 5 minute tot sag en deurskynend is.

3. Voeg die blokkies vleis by die uie en braai dit effens.

4. Roer die paprika deur die vleis en maak seker dat uie en vleis goed daarmee bedek is.

5. Roer meel, suiker, tamatiepasta, rooiwyn en aftreksel deur die vleismengsel.

6. Voeg die wortels, tamaties, bouquet garni, sout en swartpeper by. Verhit die sop tot kookpunt, plaas die deksel op en laat dit vir ongeveer 2uur liggies prut tot die vleis sag is.

7. Blansjeer die soetrissierepies en voeg twee-derdes van die repies by die sop. Laat die sop vir nog 15 minute prut.

8. Verwyder die bouquet garni uit die sop en roer die room deur. Garneer met die oorblywende soetrissierepies en bedien dadelik.