TEL: 021 200 2637

 info@caledonfm.co.za

Woensdag, 16 Oktober 2019

Nou op die Lug

Radio
Program:Deurnag Musiek
Broadcaster:Radio
00:00 - 05:00

THE GRANDE FINALE @ P&B LIME BREDASDORP RACEWAY

Category
BUSINESS ADVERTISING
Date
2018-05-19 13:00
Venue
P&B Lime Bredasdorp Raceway - Bredasdorp
7280, Suid-Afrika
Telephone
0790858038
Email
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Ja mense, net toe dit begin lekker raak, toe is dit alweer klaar...

Op Saterdag, 19 Mei is dit P&B Lime Bredasdorp Raceway se Grande Finale. Ja, dit is die laaste wedren van die seisoen se kampioenskap en dit gaan epic wees en gaan 'n fantastiese aand van racing wees...

So ja, jy weet wat om te doen. Jy wil dit nie mis nie... 

EN... om die seisoen af te sluit met 'n Big BANG, bied Bredasdorp Raceway die SA Rolling Thunder Bangers Show aan, wat beslis sal sorg vir baie opwinding.

Yet that's not all... Goodwood Used Motor Spares, soos net hulle kan, sluit die aand se racing af met 'n spectacular vuurwerk, ja fireworks vertoning onmiddelik na die aand se racing. So maak seker julle bly tot die einde...

Moenie vergeet om P&B Lime Bredasdorp Raceway se AACL/Caledon Dieresorg se projek te ondersteun nie asb. Bring 'n sakkie hondekos of katkos saam na die kommentaarhokkie. Vir elke sakkie hondekos en katkas skenk Bredasdorp Raceway R10 aan AACL/Caledon Dieresorg.

Onthou, daar is gratis kampeerplek by die klubhuis.

Awesome kosstalletjies en 'n kontant kroeg is beskikbaar.

Gereserveerde parkering en losies kan bespreek word by Sakkie Joubert @ 079 085 8038. 

Hekke open 1uur en racing begin 5uur...

Sien julle Saterdag...

 
 

All Dates

  • 2018-05-19 13:00

Powered by iCagenda

Wat gebeur waar

Ma Di Wo Do Vr Sa So
26
Datum : 2019-10-26

CFM FACEBOOK

Nuutste Resepte

Ghoelasjsop

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Boerekosgeregte” is verskaf

Met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers

 

 

 

Ghoelasjsop

6-8 porsies

 

1 kg dikrib

45 ml (3E) kanola-olie

2 uie, fyngekap

2 Knoffelhuisies, fyngekap

20 ml (4T) gerookte paprika

15 ml (1t) suiker

30 ml (2e) tamatiepasta

250 ml (1k) rooiwyn

2.25 L beesvleisaftreksel

4 wortels, geskil en in skyfies gesny

4 ryp tamaties, skil en gekap

1 bouquet garni

5 ml (1t) sout

5 ml (1t) varsgemaalde swartpeper

1 rooi soetrissie, ontpit en repies gesny

125 ml (1/2 k) room

 

Metode:

1. Sny enige sigbare vet van die vleis af en sny die vleis dan in blokkies van 2.5 cm.

2. Verhit die olie in n swaarboomkastrol en soteer die uie en knoffel vir ongeveer 5 minute tot sag en deurskynend is.

3. Voeg die blokkies vleis by die uie en braai dit effens.

4. Roer die paprika deur die vleis en maak seker dat uie en vleis goed daarmee bedek is.

5. Roer meel, suiker, tamatiepasta, rooiwyn en aftreksel deur die vleismengsel.

6. Voeg die wortels, tamaties, bouquet garni, sout en swartpeper by. Verhit die sop tot kookpunt, plaas die deksel op en laat dit vir ongeveer 2uur liggies prut tot die vleis sag is.

7. Blansjeer die soetrissierepies en voeg twee-derdes van die repies by die sop. Laat die sop vir nog 15 minute prut.

8. Verwyder die bouquet garni uit die sop en roer die room deur. Garneer met die oorblywende soetrissierepies en bedien dadelik.