TEL: 021 200 2637

 info@caledonfm.co.za

Woensdag, 14 November 2018

Nou op die Lug

Newskoop
Program:Up and Under Rugby Eng
Broadcaster:Newskoop
15:30 - 16:30

CALEDON KERSMARK

Category
BAZAAR / FEES
Date
2018-10-29 14:00 - 2018-11-03 14:00
Venue
NG Kerk Caledon Kerksaal - Meul St, Caledon
7230, Suid-Afrika
Telephone
0829444505
Email
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Kom kuier saam by die beste Kersmark in die Overberg.  Hierdie jaar word die 20ste bestaansjaar gevier en daarom hou die pret en inkopie vreugde 'n bietjie langer aan.  Die mark begin reeds die Maandag en eindig Saterdagmiddag.  

Die mooiste items sal hierdie jaar aangebied word by die mark en daar is ook 'n heerlike teetuin.  Veilige parkering en kredietkaartfasiliteite.

 
 

All Dates

  • From 2018-10-29 14:00 to 2018-11-03 14:00

Powered by iCagenda

Wat gebeur waar

Ma Di Wo Do Vr Sa So
10
Datum : 2018-11-10

CFM FACEBOOK

Nuutste Resepte

Ghoelasjsop

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Boerekosgeregte” is verskaf

Met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers

 

 

 

Ghoelasjsop

6-8 porsies

 

1 kg dikrib

45 ml (3E) kanola-olie

2 uie, fyngekap

2 Knoffelhuisies, fyngekap

20 ml (4T) gerookte paprika

15 ml (1t) suiker

30 ml (2e) tamatiepasta

250 ml (1k) rooiwyn

2.25 L beesvleisaftreksel

4 wortels, geskil en in skyfies gesny

4 ryp tamaties, skil en gekap

1 bouquet garni

5 ml (1t) sout

5 ml (1t) varsgemaalde swartpeper

1 rooi soetrissie, ontpit en repies gesny

125 ml (1/2 k) room

 

Metode:

1. Sny enige sigbare vet van die vleis af en sny die vleis dan in blokkies van 2.5 cm.

2. Verhit die olie in n swaarboomkastrol en soteer die uie en knoffel vir ongeveer 5 minute tot sag en deurskynend is.

3. Voeg die blokkies vleis by die uie en braai dit effens.

4. Roer die paprika deur die vleis en maak seker dat uie en vleis goed daarmee bedek is.

5. Roer meel, suiker, tamatiepasta, rooiwyn en aftreksel deur die vleismengsel.

6. Voeg die wortels, tamaties, bouquet garni, sout en swartpeper by. Verhit die sop tot kookpunt, plaas die deksel op en laat dit vir ongeveer 2uur liggies prut tot die vleis sag is.

7. Blansjeer die soetrissierepies en voeg twee-derdes van die repies by die sop. Laat die sop vir nog 15 minute prut.

8. Verwyder die bouquet garni uit die sop en roer die room deur. Garneer met die oorblywende soetrissierepies en bedien dadelik.