TEL: 021 200 2637

 info@caledonfm.co.za

Donderdag, 19 Julie 2018

Nou op die Lug

Radio
Program:Musiek
Broadcaster:Radio
13:15 - 15:00

CALEDON CANOLA RUN

Category
SPORT
Date
2017-09-09 07:30
Venue
Overberg Agri Implemente Afdeling Caledon
Telephone
0834688174
Email
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die elfde Caledon Canola Run word vanjaar weer in die Caledon omgewing aangebied deur die Caledon Rapportryers. Overberg Agri is weereens die hoofborg.

 

Die geleentheid bied aan die eienaars van dubbeldoel motorfietse die fantastiese geleentheid om die Overberg se asemrowende skoonheid te kom geniet op die talle grondpaaie in ons omgewing. Die meeste grondpaaie wat gebruik word, is op privaat grond, en is dus andersins ontoeganklik. Baie boere in ons omgewing gee vir die gebruik van die Canola Run spesiale toestemming om hulle paaie te mag gebruik.

 

Registrasie vir deelname vind plaas by Overberg Agri se implemente afdeling op Caledon vanaf 7h30 tot 8h30. Inskrywingsgeld beloop R200 per ryer en R100 per passasier.

 

Kom aanskou hoe dit lyk as 200 ysterperde gelyktydig wegtrek!!

 

Vir verdere navrae kontak asb vir Tienie by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 
 

All Dates

  • 2017-09-09 07:30

Powered by iCagenda

Wat gebeur waar

Ma Di Wo Do Vr Sa So
21
Datum : 2018-07-21

CFM FACEBOOK

Nuutste Resepte

Aartappelgereg

 RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

 Vandag se resep is uit die publikasie “50 Boerekos-geregteis verskaf

 met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers.

 

 

Aartappelgereg

 

Gaar aartappels, in skrywe gesny

Gaar brokkoli, in blommetjies gebreek

1 ui, gekap

25 ml botter

250 g sampioene, gekap

30 ml koekmeel

250 ml room

175 ml suurroom

250 ml gerasperde kaas

10 ml suurlemoensap

Vars of gedroogde tiemie na smaak

okkerneut helftes

 

 

Metode:

1.  Rangskik aartappelskywe en brokkoli in oondvaste bak.

2. Braai die ui in die botter. Voeg die sampioene by en roerbraai dit n paar minute lank. Roer die meel deur.

3. Roer die room, suurroom, kaas en suurlemoensap by.

4. Skep dit oor die aartappels en bak teen 180 °C tot goudbruin