TEL: 021 200 2637

 info@caledonfm.co.za

Donderdag, 22 Februarie 2018

Nou op die Lug

Landbou Radio
Program:Landbou Radio
Broadcaster:Landbou Radio
06:15 - 07:00

SKAAPKOP FEES ! 4 NOVEMBER 2017 BAARDSKEERDERSBOS

Category
GEMEENSKAP
Date
2017-11-04 10:00 - 17:00
Venue
Baardskeerdersbos NG Kerk
Telephone
082 4990230
Email
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Skaapkop fees!! 4 November 2017 Baardskeerdersbos

Nie meer aand funksie maar vanaf oggend 10h00 tot laat middag. Biertent met voete jeuk musiek van die B-bos Rummi Cup orkes en Marimbaband van plaaslike hoërskool Academia en nog ander feeslike musiek.

* Kos stalletjies

* Skaapkop ete

* Boeresports

* Trekker ritte

* Pret Stap en Mtb fiets ry

* kleuter skop fietsie resies

* kleuter Mnr en Mej B-bos

Datum: 4 November 2017 Tyd: 10h00 - 17h00 Plek: Baardskeerdersbos NG Kerk Gratis toegang tot fees terein.

Skaap koppe kos R130 kry slaaie en tuisgebakte brood by. Kaartjies vir skaapkop te koop by Protea flora by die Spar sentrum in Gansbaai . Baie belangrik!! Bespreek en betaal skaapkop vroegtydig daar net beperkte aantal beskikbaar! !!

 

Enige navra : Aletta Groenewald E-pos : Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. Sel: 082 4990230

 
 

All Dates

  • 2017-11-04 10:00 - 17:00

Powered by iCagenda

Wat gebeur waar

Ma Di Wo Do Vr Sa So
3
Datum : 2018-02-03

CFM FACEBOOK

Nuutste Resepte

Souskluitjies

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Vinnig en Maklik - Resepte uit Vrouekeur 3”

is goedgunstig verskaf met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Marlo Carstens

 

Souskluitjies

6 porsies

 

Kluitjies

60 ml (4 e) koekmeel

10 ml (2 t) bakpoeier

Knypie sout

30 ml (2 e) botter

30 ml (2 e) suiker

1 ekstragroot eier

30 ml (2 e) melk

 

Sous

750 ml (3 k) kookwater

Knypie sout

2,5 ml ( ½ t) fyn kaneel

45 ml (3 e) suiker

15 ml (1 e) botter

 

Metode:

 

Kluitjies:

Sif meel, bakpoeier en sout.

Vryf botter by meelmengsel in tot dit soos broodkrummels lyk.  Roer suiker by.

Klits eier en melk.  Meng by meelmengsel tot deeg vorm.

 

Sous:

Gooi kookwater en sout in kastrol en hou by kookpunt.

Skep teelepelsvol deeg in water en kook met deksel op vir 10 minute.

Skep kluitjies in gesmeerde oondbak uit.

Voeg kaneel, suiker, botter en nog bietjie water by water in kastrol.  Laat vir 2 minute prut.

Skep sous oor kluitjies.  Sprinkel nog fyn kaneel oor indien verkies en sit warm voor.