TEL: 021 200 2637

 info@caledonfm.co.za

Donderdag, 22 Februarie 2018

Nou op die Lug

Landbou Radio
Program:Landbou Radio
Broadcaster:Landbou Radio
06:15 - 07:00

#DROOMGROOT17

Category
GEMEENSKAP
Date
2017-07-03 00:00 - 2017-09-30 00:00
Venue
Social media
Email
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Attachment

 

Hier is ’n lekker projek vir hoërskoolleerders hierdie wintervakansie

 

 

 

Graad 8 – 12’s – droom jy groot?

 

Kan jy in Afrikaans voordra, dans, kletsrym of stories vertel? Wys ons by Afrikaans.com!  #droomgroot17 het op 1 Julie afgeskop en jy het tot 30 September tyd om ’n video te maak waarin jy spog met jou talent. Kry jouself in die kollig deur die video op sosiale media te deel en wen R10 000 wat Afrikaans.com namens jou in jou droom belê. Gaan kyk by www.afrikaans.com en klik op die #droomgroot-blokkie op die Tuisblad om uit te vind hoe jy moet maak om deel te neem. Opskud – 30 September is om die draai.

 

 
 

All Dates

  • From 2017-07-03 00:00 to 2017-09-30 00:00

Powered by iCagenda

Wat gebeur waar

Ma Di Wo Do Vr Sa So
3
Datum : 2018-02-03

CFM FACEBOOK

Nuutste Resepte

Souskluitjies

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers

Vandag se resep is uit die publikasie “Vinnig en Maklik - Resepte uit Vrouekeur 3”

is goedgunstig verskaf met komplimente van LAPA Uitgewers en die skryfster Marlo Carstens

 

Souskluitjies

6 porsies

 

Kluitjies

60 ml (4 e) koekmeel

10 ml (2 t) bakpoeier

Knypie sout

30 ml (2 e) botter

30 ml (2 e) suiker

1 ekstragroot eier

30 ml (2 e) melk

 

Sous

750 ml (3 k) kookwater

Knypie sout

2,5 ml ( ½ t) fyn kaneel

45 ml (3 e) suiker

15 ml (1 e) botter

 

Metode:

 

Kluitjies:

Sif meel, bakpoeier en sout.

Vryf botter by meelmengsel in tot dit soos broodkrummels lyk.  Roer suiker by.

Klits eier en melk.  Meng by meelmengsel tot deeg vorm.

 

Sous:

Gooi kookwater en sout in kastrol en hou by kookpunt.

Skep teelepelsvol deeg in water en kook met deksel op vir 10 minute.

Skep kluitjies in gesmeerde oondbak uit.

Voeg kaneel, suiker, botter en nog bietjie water by water in kastrol.  Laat vir 2 minute prut.

Skep sous oor kluitjies.  Sprinkel nog fyn kaneel oor indien verkies en sit warm voor.