TEL: 021 200 2637

 info@caledonfm.co.za

Donderdag, 14 November 2019

Nou op die Lug

No current broadcast

BEE LEAF CRECHE OPEDAG 16 NOVEMBER 2019

Category
SKOLE / SCHOOLS
Date
2019-11-04 00:00
Venue
Caledon Lighuis VEK, 28 De Possel Street, Caledon, 7230 - 28 De Possel Street, Caledon, 7230
Telephone
078 975 9465
Email
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Attachment

Is jy op soek na 'n skooltjie vir jou kleinding? Kom kyk gerus op die 16de November vanaf 9vm - 11vm te 28 De Possel Straat, Caledon na ons fasiliteite, ontmoed die personeel en geniet 'n koppie koffie saam met ons terwyl die kleuters ingeskryf word en natuurlik lekker speel. Indien u enige verdere inligting verlang kontak ons gerus by telefoon 078 975 9465 of per epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Ons sien uit daarna om een en elk van u te ontmoed.

 
 

All Dates

  • From 2019-11-02 00:00 to 2019-11-16 00:00
    Maandag, Dinsdag, Woensdag, Donderdag, Vrydag, Saterdag & Sondag

Powered by iCagenda

Wat gebeur waar

Ma Di Wo Do Vr Sa So
2
Datum : 2019-11-02
17
18
19
20
21
24
25
26
27

CFM FACEBOOK

Nuutste Resepte

Ghoelasjsop

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Boerekosgeregte” is verskaf

Met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers

 

 

 

Ghoelasjsop

6-8 porsies

 

1 kg dikrib

45 ml (3E) kanola-olie

2 uie, fyngekap

2 Knoffelhuisies, fyngekap

20 ml (4T) gerookte paprika

15 ml (1t) suiker

30 ml (2e) tamatiepasta

250 ml (1k) rooiwyn

2.25 L beesvleisaftreksel

4 wortels, geskil en in skyfies gesny

4 ryp tamaties, skil en gekap

1 bouquet garni

5 ml (1t) sout

5 ml (1t) varsgemaalde swartpeper

1 rooi soetrissie, ontpit en repies gesny

125 ml (1/2 k) room

 

Metode:

1. Sny enige sigbare vet van die vleis af en sny die vleis dan in blokkies van 2.5 cm.

2. Verhit die olie in n swaarboomkastrol en soteer die uie en knoffel vir ongeveer 5 minute tot sag en deurskynend is.

3. Voeg die blokkies vleis by die uie en braai dit effens.

4. Roer die paprika deur die vleis en maak seker dat uie en vleis goed daarmee bedek is.

5. Roer meel, suiker, tamatiepasta, rooiwyn en aftreksel deur die vleismengsel.

6. Voeg die wortels, tamaties, bouquet garni, sout en swartpeper by. Verhit die sop tot kookpunt, plaas die deksel op en laat dit vir ongeveer 2uur liggies prut tot die vleis sag is.

7. Blansjeer die soetrissierepies en voeg twee-derdes van die repies by die sop. Laat die sop vir nog 15 minute prut.

8. Verwyder die bouquet garni uit die sop en roer die room deur. Garneer met die oorblywende soetrissierepies en bedien dadelik.