TEL: 021 200 2637

 info@caledonfm.co.za

Donderdag, 14 November 2019

Nou op die Lug

Landbou Radio
Program:Landbou Radio
Broadcaster:Landbou Radio
06:15 - 07:00

CALEDON KERSMARK

Category
GEMEENSKAP
Date
2019-10-28 14:00 - 2019-11-02 14:00
Venue
NG Kerk Caledon Kerksaal - South Africa
Telephone
0829444505
Email
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Dit is weer tyd vir die jaarlikse Caledon Kersmark aangebied deur Caledon NG Kerk.   Kom kyk gerus na al die mooi en unieke geskenke wat te koop is by hierdie jaar se mark.  Mooigoed, lekkergoed, eetgoed en allerande items - daar is iets vir elke smaak en sak.

 

Moet ook nie die heerlike teetuin vergeet nie - heerlike ligte etes en iets koels om te drink tussen al die gesels, kuier en ou vriende raakloop!

 

Bykans 90 uitstallers kom wys hierdie jaar vir ons hulle produkte.  Veilige parkering en kaartgeriewe is beskikbaar.  Sien jou daar.   Die mark begin stiptelik om 14h00 op 28 Oktober 2019 en sal elke aand tot 19h00 aanhou.  Vanaf die 29ste Oktober 2019 open die deur om 09h00 en Saterdag, 2 November 2019 om 14h00 sluit die mark sy deure tot volgende jaar!

Sien jou daar!  

 
 

All Dates

  • From 2019-10-28 14:00 to 2019-11-02 14:00
  • 2019-10-28 00:00

Powered by iCagenda

Wat gebeur waar

Ma Di Wo Do Vr Sa So
2
Datum : 2019-11-02
17
18
19
20
21
24
25
26
27

CFM FACEBOOK

Nuutste Resepte

Ghoelasjsop

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Boerekosgeregte” is verskaf

Met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers

 

 

 

Ghoelasjsop

6-8 porsies

 

1 kg dikrib

45 ml (3E) kanola-olie

2 uie, fyngekap

2 Knoffelhuisies, fyngekap

20 ml (4T) gerookte paprika

15 ml (1t) suiker

30 ml (2e) tamatiepasta

250 ml (1k) rooiwyn

2.25 L beesvleisaftreksel

4 wortels, geskil en in skyfies gesny

4 ryp tamaties, skil en gekap

1 bouquet garni

5 ml (1t) sout

5 ml (1t) varsgemaalde swartpeper

1 rooi soetrissie, ontpit en repies gesny

125 ml (1/2 k) room

 

Metode:

1. Sny enige sigbare vet van die vleis af en sny die vleis dan in blokkies van 2.5 cm.

2. Verhit die olie in n swaarboomkastrol en soteer die uie en knoffel vir ongeveer 5 minute tot sag en deurskynend is.

3. Voeg die blokkies vleis by die uie en braai dit effens.

4. Roer die paprika deur die vleis en maak seker dat uie en vleis goed daarmee bedek is.

5. Roer meel, suiker, tamatiepasta, rooiwyn en aftreksel deur die vleismengsel.

6. Voeg die wortels, tamaties, bouquet garni, sout en swartpeper by. Verhit die sop tot kookpunt, plaas die deksel op en laat dit vir ongeveer 2uur liggies prut tot die vleis sag is.

7. Blansjeer die soetrissierepies en voeg twee-derdes van die repies by die sop. Laat die sop vir nog 15 minute prut.

8. Verwyder die bouquet garni uit die sop en roer die room deur. Garneer met die oorblywende soetrissierepies en bedien dadelik.