TEL: 021 200 2637

 info@caledonfm.co.za

Woensdag, 16 Oktober 2019

Nou op die Lug

Radio
Program:Deurnag Musiek
Broadcaster:Radio
00:00 - 05:00

DROOGTE HULP VIR LOXTON

Category
GEMEENSKAP
Date
2019-10-08 00:00 - 2019-10-31 00:59
Telephone
0828818851
Email
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Attachment

Middag Debbie

 

Ons het dringend hulp nodig vir die Boere van Loxton, Vosburg en Victoria Wes. Die boere daar het nog geen hulp van die Staat ontvang of van buite organisasies nie. My swear se laaste fondse is uitgeput en moet more van sy diere laat uitsit aangesien daar geen hoop meer is nie. Die foto aangeheg is een van sy skape wat gevrek het en die lammetjie het langs die mamma gestaan en bler to hulle kom optel het. . Die boervroue het 'n organisasie gestig waar hulle enige skenkings kan doen. Die boere is regtig desperaat vir hulp.

 

Die Organiseerder van die projek is Cari Wiese (082 881 8851) . Hulle het ook 'n boksie projek vir die boer vrouens. Asb indien enige besigheid/ boere en gemeenskap van die Overberg kan help met voer/ kos/fondse enige enige hulp.

 

Ek het Burre Burger ook gekontak vanoggend. Ons hoop dat hul met hul goeie werk ook daar sal kan help. (Wag nog op terugvoering)

 

Enige hulp sal warder word.

NB: Skenking verwysing: CWdroog

 

 

 

 

 
 

All Dates

  • From 2019-10-08 00:00 to 2019-10-31 00:59
  • 2019-10-08 00:00

Powered by iCagenda

Wat gebeur waar

Ma Di Wo Do Vr Sa So
26
Datum : 2019-10-26

CFM FACEBOOK

Nuutste Resepte

Ghoelasjsop

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Boerekosgeregte” is verskaf

Met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers

 

 

 

Ghoelasjsop

6-8 porsies

 

1 kg dikrib

45 ml (3E) kanola-olie

2 uie, fyngekap

2 Knoffelhuisies, fyngekap

20 ml (4T) gerookte paprika

15 ml (1t) suiker

30 ml (2e) tamatiepasta

250 ml (1k) rooiwyn

2.25 L beesvleisaftreksel

4 wortels, geskil en in skyfies gesny

4 ryp tamaties, skil en gekap

1 bouquet garni

5 ml (1t) sout

5 ml (1t) varsgemaalde swartpeper

1 rooi soetrissie, ontpit en repies gesny

125 ml (1/2 k) room

 

Metode:

1. Sny enige sigbare vet van die vleis af en sny die vleis dan in blokkies van 2.5 cm.

2. Verhit die olie in n swaarboomkastrol en soteer die uie en knoffel vir ongeveer 5 minute tot sag en deurskynend is.

3. Voeg die blokkies vleis by die uie en braai dit effens.

4. Roer die paprika deur die vleis en maak seker dat uie en vleis goed daarmee bedek is.

5. Roer meel, suiker, tamatiepasta, rooiwyn en aftreksel deur die vleismengsel.

6. Voeg die wortels, tamaties, bouquet garni, sout en swartpeper by. Verhit die sop tot kookpunt, plaas die deksel op en laat dit vir ongeveer 2uur liggies prut tot die vleis sag is.

7. Blansjeer die soetrissierepies en voeg twee-derdes van die repies by die sop. Laat die sop vir nog 15 minute prut.

8. Verwyder die bouquet garni uit die sop en roer die room deur. Garneer met die oorblywende soetrissierepies en bedien dadelik.