TEL: 021 200 2637

 info@caledonfm.co.za

Woensdag, 16 Oktober 2019

Nou op die Lug

Radio
Program:Deurnag Musiek
Broadcaster:Radio
00:00 - 05:00

GANSBAAI WIELE FEES

Category
BAZAAR / FEES / MARK
Date
2019-09-13 17:00 - 2019-09-15 14:00

TIME TRIALS: MTB | BIKE | 4X4 | KASKAR by Strandskloof Karavaanpark ten bate van Laerskool Gansbaai. Vrydagaand begin ons met 'n bring en braai en Saterdagoggend begin al die lekker vermaak. Kom kamp vir die naweek! **TOESKOUERS en DAGBESOEKERS WELKOM** SATERDAG 14 SEPTEMBER: 07:00 BERGFIETS SIRKELROETE, 09:00 MOTORFIETS/QUAD BIKE HINDERNIS, 11:00 4X4 / 4X2 HINDERNIS, 14:00 KASKAR RESIES Tot 5 Sep: R350 per span / R100 per item Na 5 Sep: R 450 per span / R 150 per item, 15:00 TOUTREK KOMPETISIE R100/span van 8, 17:00 PRYSUITDELING, 19:00 DANS & SPITBRAAI R120 pp ** VOORAFBESPREKINGS NOODSAAKLIK ** E-mail Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of siek Gansbaai Wielefees op Quicket. SONDAG 15 SEPTEMBER 10:00 - 13:00 POTJIEKOSKOMPETISIE - R100 per pot /span

 
 

All Dates

  • From 2019-09-13 17:00 to 2019-09-15 14:00

Powered by iCagenda

Wat gebeur waar

Ma Di Wo Do Vr Sa So
26
Datum : 2019-10-26

CFM FACEBOOK

Nuutste Resepte

Ghoelasjsop

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Boerekosgeregte” is verskaf

Met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers

 

 

 

Ghoelasjsop

6-8 porsies

 

1 kg dikrib

45 ml (3E) kanola-olie

2 uie, fyngekap

2 Knoffelhuisies, fyngekap

20 ml (4T) gerookte paprika

15 ml (1t) suiker

30 ml (2e) tamatiepasta

250 ml (1k) rooiwyn

2.25 L beesvleisaftreksel

4 wortels, geskil en in skyfies gesny

4 ryp tamaties, skil en gekap

1 bouquet garni

5 ml (1t) sout

5 ml (1t) varsgemaalde swartpeper

1 rooi soetrissie, ontpit en repies gesny

125 ml (1/2 k) room

 

Metode:

1. Sny enige sigbare vet van die vleis af en sny die vleis dan in blokkies van 2.5 cm.

2. Verhit die olie in n swaarboomkastrol en soteer die uie en knoffel vir ongeveer 5 minute tot sag en deurskynend is.

3. Voeg die blokkies vleis by die uie en braai dit effens.

4. Roer die paprika deur die vleis en maak seker dat uie en vleis goed daarmee bedek is.

5. Roer meel, suiker, tamatiepasta, rooiwyn en aftreksel deur die vleismengsel.

6. Voeg die wortels, tamaties, bouquet garni, sout en swartpeper by. Verhit die sop tot kookpunt, plaas die deksel op en laat dit vir ongeveer 2uur liggies prut tot die vleis sag is.

7. Blansjeer die soetrissierepies en voeg twee-derdes van die repies by die sop. Laat die sop vir nog 15 minute prut.

8. Verwyder die bouquet garni uit die sop en roer die room deur. Garneer met die oorblywende soetrissierepies en bedien dadelik.