TEL: 021 200 2637

 info@caledonfm.co.za

Woensdag, 16 Oktober 2019

Nou op die Lug

Radio
Program:Deurnag Musiek
Broadcaster:Radio
00:00 - 05:00

KLEINMOND VRIENDSKAPSFEES FRIENDSHIP FEAST

Category
BAZAAR / FEES / MARK
Date
2019-06-17 09:00
Venue
Mthimkhulu Village
Telephone
07218987279
Email
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Op Maandag 17 Junie vind ons jaarlikse VRIENDSKAPSFEES plaas op die terrein van Mthimkhulu Village in die hoofstraat van Kleinmond. Talle kerk en geloofsgemeenskappe vat hande om 'n Vriendskapsfees aan te bied vir al ons gemeenskappe. Ons bou brue, ons kuier saam en ons werk saam. Basaar op die ou manier, behalwe dat alles GRATIS is! Dit gee aan jou die geleentheid om enige iemand wat liefde en omgee nodig het, saam te bring en saam 'n pannekoek, die teetuin of boereworsrol te geniet. Heelwat pret en bederf ook vir die kinders! Sien jou daar!

 
 

All Dates

  • 2019-06-17 09:00

Powered by iCagenda

Wat gebeur waar

Ma Di Wo Do Vr Sa So
26
Datum : 2019-10-26

CFM FACEBOOK

Nuutste Resepte

Ghoelasjsop

 

RESEP VAN DIE DAG goedgunstig verskaf deur LAPA Uitgewers.

Vandag se resep is uit die publikasie “50 Boerekosgeregte” is verskaf

Met komplimente van LAPA Uitgewers en is 'n samestelling van resepte deur LAPA uitgewers

 

 

 

Ghoelasjsop

6-8 porsies

 

1 kg dikrib

45 ml (3E) kanola-olie

2 uie, fyngekap

2 Knoffelhuisies, fyngekap

20 ml (4T) gerookte paprika

15 ml (1t) suiker

30 ml (2e) tamatiepasta

250 ml (1k) rooiwyn

2.25 L beesvleisaftreksel

4 wortels, geskil en in skyfies gesny

4 ryp tamaties, skil en gekap

1 bouquet garni

5 ml (1t) sout

5 ml (1t) varsgemaalde swartpeper

1 rooi soetrissie, ontpit en repies gesny

125 ml (1/2 k) room

 

Metode:

1. Sny enige sigbare vet van die vleis af en sny die vleis dan in blokkies van 2.5 cm.

2. Verhit die olie in n swaarboomkastrol en soteer die uie en knoffel vir ongeveer 5 minute tot sag en deurskynend is.

3. Voeg die blokkies vleis by die uie en braai dit effens.

4. Roer die paprika deur die vleis en maak seker dat uie en vleis goed daarmee bedek is.

5. Roer meel, suiker, tamatiepasta, rooiwyn en aftreksel deur die vleismengsel.

6. Voeg die wortels, tamaties, bouquet garni, sout en swartpeper by. Verhit die sop tot kookpunt, plaas die deksel op en laat dit vir ongeveer 2uur liggies prut tot die vleis sag is.

7. Blansjeer die soetrissierepies en voeg twee-derdes van die repies by die sop. Laat die sop vir nog 15 minute prut.

8. Verwyder die bouquet garni uit die sop en roer die room deur. Garneer met die oorblywende soetrissierepies en bedien dadelik.