Woensdag, 14 November 2018

CFM BESIGHEIDSNETBALDAG

 

Datum: 9 Maart 2019

Plek:  Bredasdorp Netbalbane by die Sportgronde in Recreationstraat

Tyd:  8 tot laat (heeldag)

Netbaldag word onder leiding van Nicolene Otto gereël

 

Maksimum van 16 spanne kan inskryf, koste per span is R200.00. Geld is nie terugbetaalbaar ingeval van kansellasie nie. Spanne verteenwoordig 'n besigheid of besigheid borg 'n span. 8 spelers met 'n maksimum van 2 mans per span.

Plek is beperk dus die eerste 16 spanne wat hul registrasie gelde betaal sal ingeskryf word. Betaling kan direk inbetaal word met verwysing NETBAL, bewys van betaling moet aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. gestuur word.

Spelers sal vrywaringsvorms voor die aanvang van die dag se verrigtinge moet teken.

 

Die Lions sal kos en koeldrank vir die verloop van die dag verkoop as deel van hulle fondsinsameling.

 

Om 'n span in te skryf: Skakel 021 200 2637 of epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. om seker te maak daar is nog openinge. Doen betaling direk in CFM se rekening onder die verwysing NETBAL en epos bewys tesame met span naam/besigheid.

Bank besonderhede: CALEDON FM NPC – LOPENDE REKENING – 62555 700 501 – FNB TAKKODE 200 412

 

Indien jy belangstel om 'n “spot prize” te borg/skenk of geskenkbewys te gee, kontak asb CFM op 021 200 2637. Alle borge sal lugtyd geniet en op ons webtuiste gepubliseer word.

GELUKKIGE TREKKING: Die trekking vir die Skaap uitloting vind plaas gedurende die loop van die dag. Om kaartjies te bekom kontak die CFM ateljee in Caledon 021 200 2637

KLIEK HIER VIR LYS BORGE

 Scan die QR kode vir die Facebook gebeurtenis